☀️ Maandag — Hierdie week: Ontmoetings met Jesus
Hierdie week stap ons saam met vyf mense wat vir Jesus ontmoet het — en let op hoe Hy elkeen persoonlik gesien het.
Vandag: Saggéüs (Lukas 19:1-10). 'n Tollenaar — kort van lyf, ryk, en deur die dorp verag. Hy klim in 'n boom net om te kán sien. En van al die mense in die skare, kyk Jesus op en roep hóm op sy naam: "Saggéüs, kom gou af, want vandag moet Ek in jou huis tuisgaan."
Niemand het verwag dat Jesus by die verkeerde man sou gaan kuier nie. Maar Hy het.
👉 Vanmiddag se vraag: Wat tref jou daaraan dat Jesus juis uitgereik het na die man wat almal afgeskryf het?