☀️ Dinsdag — Hierdie week: Die gelykenisse van Jesus
Hierdie week loop ons saam deur van Jesus se bekendste stories — die gelykenisse (deel 1). Klein verhale, maar elkeen wys iets van God se hart. 📖
Vandag die verlore seun (Lukas 15:11-32). Die jongste seun vat sy geld, loop weg, mors alles, en kom stukkend terug. En kyk hoe lees dit: "Toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer gevoel en gehardloop en hom omhels."
Let op wie eerste beweeg. Nie die seun met sy mooi verskoning nie — die pá. Hy sien hom van ver af, want hy het al die tyd gekyk. En hy hardloop, wat 'n ou man in daardie dae nooit sou doen nie. Dis nie 'n storie oor 'n seun se sonde nie; dis 'n storie oor 'n Pa se hart.
👉 Vanmiddag se vraag: Waar in jou lewe voel jy nog "ver" van God af — en wat verander as jy besef Hy kyk klaar uit vir jou?